Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ons is opgemix" deur HENRI LAURIE
"Ons is opgemix" deur HENRI LAURIE [boodskap #25044] Vr, 30 Julie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ONS IS OPGEMIX
Henri Laurie

Kom join kom join
bring julle albaster tone en tolbos hare
en jul winkel verbasing en bekke vol brekfis
en drome van die maan se noordelike sug
bring julle velle soos grond
moet klei dan apart bly van sand?

Tone van onheil, sole van verdriet
voetspore van skaapwagter en skaapeienaar
die kuiper en trawante
die aambeeld se donker poeier
en rooi klokslag:
dis ons.
Mengelmense met 'n bastertaal
tonge wat alkant klap
ons het chords vir alle wysies
kom join.
Vorige onderwerp: "Die Bidder" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "die geweer swaai die man" deur HENRI LAURIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 19:22:37 MGT 2024